Wednesday, February 3, 2010

Boere in Australia

In die era wat die Groot Trek voorafgaan, is daar reeds na diegene in die Oos-Kaap verwys as Boere. Alhoewel ons tydens die Apartheidsjare steeds gepraat het van Boerewors, Boeretroos, Boerbeskuit, Boerbok, Boere gasvryheid ensomeer, is daar van ons en deur ons na onsself verwys as Afrikaners. 

Toe kom die 1994 verkiesing, een man een stem, "ware demokrasie", en al daai Jazz, en skielik wil ons weer Boere wees. Daar is die wat hulself wil distansieer van die Afrikaner, en sy Apartheidsregering, en daarom na hulself verwys as Boer, En dan is daar die wat nog altyd die bors so ekstra sentimeter uitgestoot het, as ons uitgejou word as Boere of Boers. Selfs die term "Dutchman" word rondgeslinger as 'n skeldnaam, en ja, ek is 'n "Dutchman", ook is ek 'n Afrikaner, maar heel eerste is ek 'n Boer. Nie alleen vanwee my stamboom nie, maar in geloof as deel van die Geloftevolk, en in my hart.

1994 word deur baie gesien as die Boer se donkerste uur, maar is dit nie dalk juis wat ons nodig gehad het nie. Skielik is daar weer 'n trots onder ons jeug om Afrikaans te praat en ten spyte van al die pogings om ons geskiedenis te probeer uitvee, is daar by ons jeug 'n patriotisme wat ons vir 'n paar generasies nie gesien het nie! Ook is daar 'n vernude erns met ons Gelofte, en om terug tekeer na ware geloof.

Ja, 1994 het ons volk sonder 'n grondgebied gelos, maar ons steeds 'n nasie wees. Ons kan kies om ons geskiedenis en Kultuur te laat voortleef. Ons kan kies om die Gelofte lewendig te hou, en om ons Christen geloof uit te leef. Ons kan kies om vir ons kinders 'n toekoms te verseker, nie allen as Australianers nie, maar as Boere. In Suid-Afrika, was ek 'n Suid-Afrikaner, 'n Blanke, 'n Afrikaner, en die belangrikste, 'n Boer, nie by beroep nie, (Alhoewel ek glo Boerdery is maar in ons bloed), maar deur afkoms. In Australia streef ek daarna om 'n Ozzie te word, maar steeds 'n Boer te bly.

Hier is die beeld wat van die Boer die wereld ingestuur is, tydens en na die 2de Anglo-Boere Oorlog:-

“Take a community of Dutchmen of the type of those who defended themselves for fifty years against all the power of Spain at a time when Spain was the greatest power in the world. Intermix with them a strain of those inflexible French Huguenots who gave up home and fortune and left their country for ever at the time of the revocation of the Edict of Nantes. The product must obviously be one of the most rugged, virile, unconquerable races ever seen upon earth. Take this formidable people and train them for seven generations in constant warfare against savage men and ferocious beasts, in circumstances under which no weakling could survive, place them so that they acquire exceptional skill with weapons and in horsemanship, give them a country which is eminently suited to the tactics of the huntsman, the marksman, and the rider. Then, finally, put a finer temper upon their military qualities by a dour fatalistic Old Testament religion and an ardent and consuming patriotism. Combine all these qualities and all these impulses in one individual, and you have the modern Boer—the most formidable antagonist who ever crossed the path of Imperial Britain.” Sir Arthur Conan Doyle - The Great Boer War.

Die meeste van ons het behoort aan een van die Drie Susters Kerke, of aan 'n kerk wat van hul afgestig het, of dalk 'n ander gereformeerde kerk, en onderskryf die volgende belydenis geskrifte.
  1. Die Belgiese konfessie (Nederlandse Geloofsbelydenis)
  2. Die Heidelbergse kategismes
  3. Die Dordtse leerreels
Asook die Ekumeniese simbole:-
  1. Apostolicum (Die apostoliese geloofsbelydenis)
  2. Nicea (Die geloofsbelydenis van Nicea)
  3. Atanasius (Die geloofsbelydenis genoem na Atanasius)
Meeste van ons voel dan ook, hier in Australia tuis by een van die volgende Kerke:-

Sentraal tot die Boer, staan die Geloftes van ons voorouers, en onderneem almal wat tot die groep behoort, om als in hul vermoe te doen, om die Geloftes van ons voorouers, ook hier in Australia te onderhou.

Die Bloedrivier gelofte is afgele die 9de Desember 1838, en met die slag van Bloedrivier, die 16de Desember 1838 deur God bekragtig. 'n Rekonstruksie van hoe die Gelofte sou gelees het in hedendaagse Afrikaans, is soos volg:-

"Hier staan ons voor U onse Vader, die heilige God van hemel en aarde, om ‘n Gelofte aan U te doen dat as U ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons ‘n Huis tot U eer sal stig waar dit U behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte, want die eer van U Naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan U te gee.

Ons smeek hiermee ook U hulp en bystand af om hierdie Gelofte verseker te kan volbring, in die Naam van U Seun en ons Verlosser, Jesus Christus.

Amen"

Op die 11de Desember 1880, kort voor die uitbreek van die Eerste Vryheidsoorlog van Transvaal, het Paul Kruger die burgers by Paardekraal toegespreek oor die Bloedrivier Gelofte en die wenslikheid om dit weer in ere te herstel. Op die 14de het daardie burgers ‘n bykomende gelofte beloof met die volgende strekking:- "Indien die Here God hulle sal help en seën in die strijd vir onafhanklikheid, die volk elke jaar daar bijmekaar sou kom om Hom te dank en die gelofte te betaal". Op versoek van Paul Kruger is daar op die 14de Desember 1880 te Paardekraal, 'n 2de Gelofte afgele dat "Indien die Here God hulle sal help en seën in die stryd vir onafhanklikheid, die volk elke jaar daar bymekaar sou kom om Hom te dank en die gelofte te betaal".

Die bewoording van die Paardekraal gelofte volgens oorlewering lees dan ook soos volg:-

"In de tegenwoordigheid van den Almachtigen God, de kenner aller harten onder bidden opzien om Zijn genadige hulp en ontferming, zijn wij Burgers van de Zuid-Afrikaansche Republiek, plegtig overeenkomen, om voor ons en onze kinderen een heilige verbond op te rigten, het welk wij met plegtigen eed bezzweren.Ruim veertig jaren is het geleden, dat onze vadere de Kaapkolonie ontvlugt zijn, om een vrij en onafhanklik volk te worden. Deze veertig jaren waren veertig jaren van smart en lijden.Wij hebben Natal. Den Oranje-Vrijstaat en de Zuid-Afrikaansche Republiek gesticht, en driemaal heeft de Engelsche Regering onze vrijheid vertrapt .... En onze vlag, die onze vaderen met hum bloed en tranen gedoopt hebben van den grond neergehaal.Als door een dief in de nacht in onze vrije Republiek weggestolen. Wij kunnen en wij mogen dat nie dragen.God wil, dat de eerbied onze vaderen en de liefde jegen onze kinderen ons voorscrijft, het erfpand der vaderen geschonden aan onze kinderen over te leven.Daarom is het dat wij hier bijeentreden en dat wij elkander de hand geven als mannen, broeders, plegtig beloven, trouw te houden aan ons land en volk en met het oog "Zoo waarlijk helpe ons God Almachtig".

Alhoewel ons nou al 'n Volk gestig het, Kerk gestig het, 'n "Tempel" gebou het, is ons steeds in gebreke met die stigting van die Huis tot Sy eer, waar dit Hom behaag.

Ons doelstellings hier, in die kontinent Australia, is dus om:-
  1. ons Taal, Afrikaans, te behou, sonder om die bestaan van die Engelse Boer te ontken;
  2. ons Boere kultuur te behou en ons boere geskiedenis te herdenk;
  3. ons Geloftes na te kom;
  4. en bo alles, te volhard in ons Calvynisties Christelikke Geloof.

1 comment:

  1. http://www.kletskerk.co.za/viewtopic.php?f=1&t=11033

    KERK IS ONBYBELS

    ReplyDelete