Die uitverkiesing – ’n nagmerrie?
Oor dié saak word deesdae liefs die swye bewaar. Predikante preek bra selde daaroor. Lidmate vermy die onderwerp veiligheidshalwe. Vir sommige lidmate is dit so te sê ’n taboe: iets waaroor ’n mens so min as moontlik moet dink en wonder en praat. Maar so in die stilligheid kwel dit hulle tóg en vra hulle hulleself af of ’n mens ooit seker kan wees …
Dit gaan om die leer van die uitverkiesing en die vraag waaroor ons almal die een of ander tyd duidelikheid wil kry (al gee ons ook anders voor): is ek deur God uitverkies … of nie?
As dit waar is dat die kerke van Gereformeerde inslag deesdae min aandag aan die uitverkiesingsleer gee‚ was dit vroeër anders gesteld. Ons Gereformeerde kerkvaders het die leer van die uitverkiesing sterk beklemtoon as een van die sentrale leerstukke van die kerk. Calvyn het so ver gegaan om dit “die hart van die kerk” te noem. Vir die lidmate van die Gereformeerde kerke was die feit dat God hulle in genade uitgekies het‚ steeds van die allergrootste belang: hulle het vanuit hierdie oortuiging gedink en geleef.
En vandag? Die rede vir die “onderbeklemtoning” van die Bybelse leer van uitverkiesing in ons tyd‚ moet waarskynlik gesoek word in die skewe voorstelling wat al te dikwels in die verlede daarvan gemaak is.
Daar is geen skeiding tussen uitverkiesing en Christus nie.
Moet ’n mens‚ afgesien van jou geloof in Christus‚ ook op ’n ander manier sekerheid kry of jy uitverkies is? Die probleem is dat ’n mens‚ as jy eers eenmaal in dié rigting begin dink‚ byna onvermydelik in ’n maalstroom van onsekerheid en vertwyfeling beland. Want op watter ander manier as deur jou geloof in Jesus Christus kan ’n mens ooit sekerheid kry dat jy verlos is?
Die vraag is nou: kan ons op grond van die Bybel die verlossing in Jesus Christus en die uitverkiesing van God van mekaar skei asof dit twee losstaande sake is? Is dit reg om die uitverkiesing en die optrede van Jesus Christus as twee afsonderlike dinge te sien wat in die tyd ver uit mekaar lê en min met mekaar te doen het?
Die antwoord is: nee.
In die Nuwe Testament kom ’n paar sleuteltekste voor wat duidelik wys dat dit ten ene male verkeerd is om so skeiding tussen die uitverkiesing en Jesus Christus te maak. Al hierdie tekste verbind die uitverkiesing en Jesus Christus juis ten nouste aan mekaar. Luister byvoorbeeld na Ef. 1:4 en 5: “So het Hy‚ nog voordat die wêreld geskep is‚ ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons‚ volgens sy genadige beskikking‚ toe ook al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees.” Let ook op 2 Tim. 1:9: “Hy het ons gered en geroep om aan Hom toegewy te wees. Dit het Hy gedoen‚ nie op grond van ons dade nie‚ maar op grond van sy eie besluit en die genade wat Hy van ewigheid af in Christus Jesus aan ons geskenk het.”
In albei hierdie tekste word die uitdrukking “uitverkies in Christus” of “uitverkies deur Christus” gebruik. Die verband tussen die uitverkiesing en die verlossing in Jesus Christus word soms ook in ander woorde uitgedruk‚ soos by 1 Pet. 1:19 en 20: “… julle is losgekoop met die kosbare bloed van Christus‚ die Lam wat vlekloos en sonder liggaamsgebrek is. Reeds voor die skepping van die wêreld is Hy hiervoor bestem‚ maar ter wille van julle het Hy eers in hierdie eindtyd gekom.”
Christus en ons uitverkiesing
Kom ons kyk nou van naderby na wat presies met die uitdrukkings “uitverkies in Christus” en “uitverkies deur Christus” bedoel word.
- Christus: die enigste toegang tot die uitverkiesing
Jesus Christus bied ook in ’n ander opsig die enigste toegang tot die uitverkiesing van God. Daar is naamlik geen ander weg waarlangs ’n mens deel kan kry aan die uitverkiesing as deur geloof in Jesus Christus nie. ’n Mens kry nie deur selfverloëning‚ deur bepeinsing of selfs deur die blinkste goeie werke daaraan deel nie. Die geloof in die Persoon en werk van Jesus Christus is die enigste toegang.
Om in Jesus Christus te glo‚ is om deel te hê aan die uitverkiesing van God!
Dit is daarom heeltemal onnodig vir ’n gelowige om te tob oor die vraag of hy regtig uitverkies is. As hy in Jesus Christus glo‚ kan hy verseker weet dat hy in genade deur God uitverkies is. Die onfeilbare vrugte van die uitverkiesing is ware geloof in Christus‚ die kinderlike vrees van God‚ die droefheid oor die sonde volgens die wil van God‚ die honger en dors na die geregtigheid‚ ens. (2 Kor. 13:5) (DLR 1.12).- Christus: die uitvoerder van ons uitverkiesing
Jesus Christus is dus ook nie soos die meeste bemiddelaars vervangbaar nie. Hy voer nie maar net ’n taak vir God uit wat net so goed deur iemand anders gedoen kan word nie. Aangesien Hy en nét Hy aan die kruis vir ons sonde versoening kon doen‚ is daar‚ soos Hand. 4:1 dit stel‚ “geen ander naam op die aarde aan die mense gegee waardeur God wil dat ons verlos moet word nie.”
- God se marionette?
Juis die feit dat die Skrif van ’n ewige uitverkiesing praat‚ maak dit vir mense moeilik om die noue verband tussen die uitverkiesing en die verlossing deur Jesus Christus in te sien. Dit is nie met die eerste oogopslag duidelik hoedat die uitverkiesing – wat nog voordat die wêreld geskep is‚ plaasgevind het – en die versoeningsdood van Jesus Christus aan die kruis op Golgota duisende jare na die skepping onlosmaaklik met mekaar saamhang nie. Mense het ook ’n probleem met die feit dat albei hierdie sake wat so ver uit mekaar lê‚ en nie net een van hulle nie‚ volgens die Bybel van beslissende belang vir ons saligheid is.
Die opmerking dat ons nog voordat die wêreld geskep is‚ uitverkies is‚ word egter juis nie in die Skrif gemaak om die uitverkiesing vir ons iets duisters en bedreigends te laat wees nie. Dit kom in ’n Skrifgedeelte voor wat as ’n loflied bedoel is! Paulus wil daarmee nie iets negatiefs nie‚ maar iets positiefs sê. Hy wil die gedagte; tuisbring dat ons verlossing nie iets is wat onseker of twyfelagtig is nie‚ maar dat dit absoluut vas en volkome onveranderlik is. Dit lê vas omdat dit glad nie van ons veranderlike besluite en planne nie‚ maar uitsluitlik van God se voornemens vir ons lewe nog lank voor ons geboorte afhang.
- Die ewigheid: Verlede én hede én toekoms
Dit word vir ons ’n besluit wat God reeds lank gelede‚ in die verre verskiet‚ geneem het. Trouens‚ hoe sou ons dit vir ons anders kon voorstel? En hoe sou Paulus die feit dat God se besluit oor die uitverkiesing ewig is‚ anders kon omskryf as om te sê dat dit ’n besluit is wat geneem is nog voordat die wêreld geskep is?
Maar die ewigheid is iets ánders as die tyd. Dit omvat verlede én hede én toekoms. En God is gister en vandag en môre dieselfde. Die uitverkiesing kan dus nie gesien word as iets wat net op die verre verlede betrekking het nie. Dit het nie slegs voor die skepping van die wêreld plaasgevind nie‚ dit het ook in die geskiedenis van die mens plaasgevind toe God die wêreld in Jesus Christus met Homself versoen het. En dit vind vandag nog steeds plaas as God in sy genade die hart van ’n sondaar nuut maak en hy met geloof in Jesus Christus antwoord!
Ons sou die uitverkiesing ook die dieper dimensie van die verlossing in Jesus Christus kon noem. Die Skrif onderstreep dat dit God is wat in Christus werksaam is. Soos alle ander handelinge van God in die geskiedenis‚ hang die verlossing in Christus egter nie in die lug nie. Die Skrif leer ons dat God se handelinge in die geskiedenis altyd voorafgegaan word deur Goddelike beplanning. God bespreek die saak as ’t ware met Homself en besluit dan tot ’n bepaalde optrede in die geskiedenis. Anders gestel: God is sowel ontwerpend as uitvoerend met die wêreld besig. En so is dit ook met die uitverkiesing en die verlossing in Jesus Christus. In die ewige uitverkiesingsbesluit van God ontwerp Hy sy verlossingsplan met die wêreld. In die kruisdood van Jesus Christus voer Hy sy verlossingsplan in die geskiedenis uit. Só nou hang die uitverkiesing en die verlossing in Jesus Christus met mekaar saam!
Waar kom ongeloof dan vandaan?
Terwyl die Bybel verduidelik dat die geloof wel sy diepste grond in die uitverkiesende genade van God het‚ word ongeloof oral in die Bybel aan die skuld van die mens toegeskryf. Daarom het die Dordtse Sinode van 1618-1619 reeds die volgende hieroor bely: “Van die uitdrukking dat die verwerping op gelyke wyse die oorsaak van die ongeloof en goddeloosheid is‚ soos die uitverkiesing die fontein en oorsaak van die geloof en goeie werke is‚ verklaar die Dordtse Sinode dat hy nie alleen so iets nie bely nie‚ maar so ’n opvatting van ganser harte ook met verfoeiing verwerp” (Epiloog by Dordtse Leerreëls).
Ek vertrou dat die Heilige Gees ook in jou hart ’n jubeling laat opbruis om God te dank vir die verkiesing in Jesus Christus‚ sodat ons saam met Paulus in Romeine 11:33-36 kan jubel.
Ds. Hentie Krüger
Gereformeerde Kerk Lyttelton
ePos: hentie@midweek.co.za
www.midweek.co.za
Dit is wanneer ons onsself vergeet dat ons dinge doen waarvoor ons onthou word.
13 April 2005
Tweede siening
Ek skryf graag iets oor die uitverkiesing.
· Ongelukkig is dit onmoontlik om dit wat in teologiese boeke volgeskryf is, volledig weer te gee. Ek gee dus net hooflyne.
· Dit is ook onmoontlik om iets oor die uitverkiesing te skryf, sonder om die Bybel (versies) aan te haal. Behalwe dat dit onwetenskaplik is (jy kan mos nie iets oor (I)iemand sê, as jy nie na Hom self (in die Woord) wil luister nie), is dit ook ‘n sekere resep vir wan-interpretasies en drog-redenasies.
1. Waarom is die uitverkiesing geopenbaar (en moet ons daarvan weet)?
Die uitverkiesing is vir ons opgeteken, omdat God wil hê dat mense gered moet word... en omdat Hy weet dat mense hulleself nie kan red nie! Hy wil ons uitruk uit die magteloosheid waarin ons onsself gedompel het. Deur die sondeval het die mens homself beroof – nie net van die saligheid (= lewe met God) nie, maar ook van die vermoë om homself te red.
Deur moedswillige ongehoorsaamheid (teen hulle beterwete in – ja Adam en Eva kon kies om God te gehoorsaam) kies hulle teen God se duidelike woord (bevel) in. Daar het hulle geestelik “gesterf” - dus, afgesny van die lewe met die lewende God (Gen.2:16-17). Hierdie “geestelike doodsheid” het deurgetrek na al die mense toe. Ef.2:1-3 bevestig dat al die mense “dood” en hulle lewens wys die doodsheid. Die geestelik-dooie mens kan dus nie meer vir God kies nie – trouens, hy kies net teen God vir die boosheid! (vgl. Rom.3:9-20). Ons sien hierdie geestelik-doodsheid selfs al by ons kinders, in die verkeerde dinge wat hulle doen – sonder dat dit aangeleer is! Immers, watter ouer sal doelbewus vir sy kinders die verkeerde aanleer? Doodsheid sit as’t ware in ons natuur!
God kon al die mense in hul verlorenheid/geestelike doodsheid gelos het! Dis mos nie sy skuld as mense willens en wetens teen Hom kies nie (vgl. Dordtse Leerreëls 1:1). Maar Hy doen dit nie! Hy is (onbegryplik!) ‘n genadige God!
Net so min as wat ‘n lyk homself kan lewend maak, net so min kan ‘n geestelike lyk dit doen! Iemand moet hom lewend máák, geestelik lewend maak! God doen dit. En die geestelike lewendmaking begin by die uitverkiesing – ‘n daad van God waarby ‘n mens se bydrae/prestasie uitgesluit is!
Die feit is: God is ‘n genadige, liefdevolle God wat mense wil red... en Hy doen alles om hierdie redding moontlik en werklik te maak!
Daarom het Hy die uitverkiesing aan ons geopenbaar. Opvallend, elke keer as die Bybel oor die uitverkiesing skryf, dank en loof die Bybelskrywer die Here (Ef.1:3-6,12; 1 Tess.1:4). Hulle loof die Here, omdat die uitverkiesing aan hulle sekerheid van hulle salige lewe gee. Kan jy jou indink hoe onseker ons lewe (met God) sou wees as ons redding van onsself en ons pogings afgehang het – heeltyd aan die wonder/twyfel of ons goed genoeg is/gedoen het! Nooit is die leer van die uitverkiesing vir ons opgeteken om ons te verwar, bang te maak of te laat twyfel nie! Iemand wat egter die uitverkiesing uit die Bybel wil “uitskeur”, en nie daaraan wil glo nie, ontneem hom/haarself die heerlike sekerheid van hulle eie redding en saligheid!
2. Hoe “werk” die uitverkiesing?
‘n Belangrike teksgedeelte wat die genadige uitverkiesing verduidelik, is Ef.1:3-6. Paulus skryf aan gelowiges en sê dan dat God hulle uitverkies het om sy kinders te wees “nog voordat die wêreld geskep is” – dus voordat mense nog enigiets kon doen om dit te verdien. Dit is ‘n hemelse (wonder)werk wat ons nie moet bevraagteken – ‘n goddelike ingrype ter wille van ons redding!
Die vraag is nou: hoe het hierdie uitverkiesing vir die gelowiges in Efese (en vir ons) ‘n werklikheid geword? Hoe weet ek dat God my ook uitverkies het om deel van sy kinders te wees? In Ef.1:13 verduidelik die Bybel die “proses”: “Deur Christus het ook julle deel geword van die volk van God, toe julle die waarheid wat aan julle verkondig is, die Evangelie van julle verlossing, gehoor het en tot geloof gekom het. In Christus het die Heilige Gees... julle as die eiendom van God beseël”.
Jou uitverkiesing word vir jou ‘n werklikheid as (en wanneer) jy GLO! Andersom gesê: wie glo, is uitverkies en is kind van God! Die uitverkiesing het dus ‘n goddelike kant (God kies uit) en ‘n menslike kant (mens glo). Met ‘n beeld verduidelik:
Die rykdom van God genadige uitverkiesing kan met ‘n muntsuk verduidelik word, wat hoog horisontaal bo ons koppe gehou word. Aan die bo-kant van die muntstuk (God se kant, wat Hy alleen kan sien) staan geskrywe: “Jy is uitverkies”. Aan die onder-kant van dieselfde muntstuk (die mens se kant wat ons kan sien), staan die opdrag en belofte: “Glo die Evangelie van Jesus en jy is gered”.
Dit sê vir ons:
· Moenie jou moeg maak of jy uitverkies is of nie – dis God se kant van die muntstuk! Hy sal daarvoor sorg!
· Maak jou moeg of jy die Evangelie van Jesus se sterwe en opstanding ter wille van jou hoor en glo! (vgl. Rom.10:9-17)
Nêrens in die Bybel kry mens die opdrag dat jy moet sorg dat jy uitverkies word nie, slegs dat jy moet glo! En hierdie boodskap van verlossing in Christus moet aan alle mense verkondig word! Vgl. o.a. Matt.28:19: “Gaan dan na al die nasies toe...: doop hulle en leer hulle” (ook Hand.1:8). God wil dat alle mense hierdie Evangelie moet hoor, want God wil dat alle mense gered word! (vgl. 1 Tim.1:4)! Daarom is ons sending-opdrag so dringend belangrik! Niemand mag eendag die verskoning gebruik dat hy/sy nie kans/geleentheid gehad het om te hoor nie! Trouens, God is so genadig dat Hy nie die wederkoms (finale oordeel) sal laat aanbreek, voordat “al die nasies” die getuienis gehoor het nie (Mat.24:14)!
Tog tragies, almal moet hoor en hoor inderdaad..., maar nie almal wil glo nie! Dit is nie God se skuld nie, maar hulle eie – vanweë hul eie sondigheid en harde harte “lag” hulle sy verlossingsgenade “af” en bly hulle teen Hom kies! Terloops, die 144 000 is ‘n simboliese getal in Op.7:4, wat dui op die volle getal van God se verlostes wat “gemerk” is en bewaar word as sy eiendom – die wat geglo het en nou reeds dood is, die wat nou glo en die wat nog tot geloof sal kom. (12 hou verband met die twaalf stamme van Israel, God se hele volk in die OT, vgl ook 12 dissipels as kerk in die NT; en veelvoude van 10 is in Openbaring die getal van goddelike volheid – 12x12x10x10x10).
Hoe kom mens tot geloof? Ons het reeds gesien dat die die Bybel “geloof” in verband bring met die “hoor” van die Evangelie (Ef.1:13)! Dit is inderdaad hoe God ons tot geloof wil lei. Wanneer die Evangelie aan ons gepreek word, werk die Heilige Gees die wedergeboorte in ons (Hy maak ons dus geestelik lewend)! En die noodwendige gevolg van die wedergeboorte is... geloof! (Vgl. 1 Pet.1:23-25; vgl ook Joh.3:3,5 waar Jesus eintlik vir Nikodemus die Evangelie preek; lees ook Ef.2:4-10). As geestelik-lewendendgemaaktes is ons wil ook weer lewend gemaak sodat ons vir God kan kies! Ons geloofsbelydenis is ons keuse vir God! Maar, ons kan nou alleen vir Hom kies omdat Hy eerste ons uitverkies het!
En mense wat nie wedergebore is/word nie en gevolglik nie glo nie? Weereens, ons moenie God beskuldig as sou Hy onregverdig wees nie! In 1 Tes.5:19 vermaan Paulus: “Moenie die werking van die Heilige Gees teenstaan nie”. Hoe staan mens die werking van die Gees teen? Deur die uitsprake van die wat God se boodskap verkondig, gering te skat! Moenie dit doen nie! (vs.20; vgl. ook Ef.4:30). Jesus het al geweet dat mense dit wel (sal) doen, daarom waarsku Hy in Mat.22:14 (waar die gaste die uitnodigingswoord na die koning se verlossingsmaal ignoreer: “Baie is immers geroep, maar min is uitverkies”.
As iemand dan nie glo nie, is dit ‘n aanduiding dat so iemand nie uitverkies is nie – nie omdat God hom nie wil red nie, maar omdat hy (skynbaar) nie belangstel nie. Maar dit beteken nie dat ons so iemand vir die hel afskryf nie – wie weet of hy nie dalk eendag tot geloof sal kom nie! Ons moet aanhou om die vermaning en uitnodiging van die Evangelie vir so iemand te laat hoor.
Saamgevat so ver:
· Ons moenie, wat ons verlossing betref, by God se uitverkiesing in ewigheid begin... en dan wonder of ons ‘n kans het nie! Begin by God se genadige roepe deur die Evangelie in die tyd, luister biddend daarna en glo dit! Dus, moenie van “voor af” daarna kyk nie, maar van “agter af” – in die sin van dat jy besef dat jy glo (van agter af) en volg dan die genade-spoor na voor, nl. dat Hy jou uitverkies het! 1 Tess.1:2-8 maak dit mooi duidelik: Paulus noem die gelowiges se geloofsdade, hulle liefdesinspanning en hulle volhardende hoop. En op grond van hulle praktiese geloofslewe, weet hy dat hulle uitverkies is. Hy gee nog ‘n rede waarom hy van hulle uitverkiesing weet, nl. dat hulle die Evangelie met krag en volle oortuiging gehoor het en tot geloof gekom het.
· Moenie redeneer en worstel met: “ek wil graag glo, maar as ek nie uitverkies is nie, help dit niks nie”. Dis ‘n drog-redenasie: as jy die Evangelie glo, weet jy dat jy uitverkies is! En die feit dat jy daaroor worstel, is ‘n goeie teken dat God met jou- en jy met Hom besig is! Aanvaar dan net kinderlik-gelowig sy verlossende genade in Jesus Christus!
3. Hoe werk die uitverkiesing deur in ons lewens?
God het ons uitverkies... “om heilig en onberispelik voor Hom te wees” (Ef.1:4). Duidelik lyk ‘n gelowige se lewe anders as die van ‘n ongelowige! “Heilig en onberispelik” beteken nie dat ons nou volmaak en sondeloos geword het nie, maar wel dat God ons afgesonder het van die verloregaande wêreld en in staat gestel het om sy wil ernstig te soek en te doen! (Die Bybel noem dit ook “heiligmaking” in Hebr.12:14). Maar so ‘n voortdurende heiligende lewe is ‘n noodwendige gevolg van die uitverkiesing!
· Mens kan dus nie redeneer: ek is uitverkies en nou kan ek maar lewe soos ek wil” nie. Dit kan of beteken dat so iemand nie werklik uitverkies is nie (skyngeloof), waaroor ek en jy nie mag oordeel nie; of dat so iemand baie ongehoorsaam is en dringend tot bekering moet kom.
· Die troos van die uitverkiesing is egter, dat as ek werklik glo (nie ‘n volmaakte mens nie)..., en by geleentheid sondig, ek kan weet dat my saligheid nie nou daarmee heen is nie, omdat God my vashou. En daarom staan ek uit die sonde op..., en begin weer nuut en gehoorsaam te leef voor God!
Die wonderlike van die uitverkiesing is: eenmaal kind van God, altyd kind van God – dis nou te sê as ek waarlik in Hom glo as my enigste Heiland en Saligmaker!
Só gaan maak gerus koffie – nie omdat jy die bespreking oor die uitverkiesing wil vermy nie..., maar omdat jy dankbaar en jubelend oor die groot genade van God wil peins - oor ‘n koppie koffie!
Derde siening
Die omlynde gedeelte is van ʼn Arminianis en die wat nie omlyn is nie van Nico wat Gereformeerd is.
Hallo Nico
Ek antwoord jou graag op die stuk oor predestination (uitverkiesing)
Ek stem met jou saam dat God nie ʼn God van verwarring is nie, maar die mens is die verwarrende faktor.
By twee verskillende plekke waar ek gewerk het, het daar twee meisies gewerk wat in die Geref. Kerk was. Hulle uitgangspunt oor die uitverkiesing was dat hulle nie seker was of hulle uitverkies is of nie, daarom het hulle geleef soos hullle wil sodat hulle nie iets sou mis totdat hulle seker is hulle is uitverkies nie - dan sal hulle reg begin leef. Hulle het egter gesê dat, sê-nou hulle is nie uitverkies nie en hulle leef reg, hoeveel gaan hulle nie in die lewe mis nie.
Nico se Antwoord op B... se kommentaar:
Onvoorwaardelike uitverkiesing is een van die punte van die Sinode van Dortrecht in 1618-1619 wat met 154 vergaderings die Skrifte weer ondersoek het of Arminianisme (kortliks, die mens se eindbestemming is in sy eie hande deur ʼn vrye keuse te maak) skriftuurlk is en dit weer as onskriftuurlik bevind en die finale nekslag toegedien het. Arminianisme is ook die sienswyse van Rome wat nog nooit afstand gedoen het dat werke plus Christus jou red nie. Vir ʼn volledige beskrywing sien die artikel. http://www.reformedtruth.co.za/die_vyf_punte_van_calvinisme.aspx
Om meer lig te werp oor die uitverkiesing moet ons die radikale genade van God begryp.
Wanneer ons slegs uit genade gered word dan hoef ons nie teologies alles te weet hoe ons gered is nie en beinvloed nie ons verlossing in Jesus Christus nie. Inteendeel ons weet nie maar in ons eenvoud dink ons dat ons die keuse gemaak het. Dit mense wens ons dan geluk oor ons keuse na ons vorentoe gegaan het om ons hart vir die Here te gee. Maar tog sien ons nie helder nie maar deur ʼn waas. Of ons kan dit so stel; dat ons brille moet kry om beter te kan sien. Dit is dan die doel van katkisasie om te help om helder te kan sien en te verstaan hoe ons verlossing skriftuurlik plaasvind. Ons kan natuurlik nie van die twee gevalle (die meisies in die Gereformeerde Kerk) in die brief veralgemeen dat dit die standaard is, maar tog stem dit ons onrustig dat dit kan blyk dat die lering nie duidelik verkondig en geleer word in die kerk nie. Daar blyk nog ook verwarring te wees oor die beskuldiging van Hiper Calvinisme wat nie bybel se lering is nie. Dit is dat die mens se lot bepaal sy bestemming ons kan niks daaraan doen nie so ons hoef nie die evangelie verkondig nie want alles is mos vooruitbestem. Maar dit is juis die antitese vir die Christen wat die uitverkiesing in al sy glorie begryp. Juis moet ons dringend die evangelie verkondig want dit is ons roeping, ons opdrag want die evangelie moet gehoor word deur almal sodat diegene wat bestem is tot die ewige lewe wat deur die Heilige Gees voorberei word die goeie nuus kan hoor en begryp. Handelinge 8:10 “I have many in this city who are my people” FF Bruce sê: “Die Here het baie mense in Korinte wat Hy gemerk het as Sy eie.” Dit het Paulus juis meer aangespoor om langer daar te preek vir nog ʼn jaar en half. Dit is God wat die dooie saad, die logos wat gesaai word lewend maak en laat groei. Ons as mens kan niks doen aan daardie saad nie. Wat gebeur as ʼn mens die evangelie, die goeie nuus vir mense bring? Hoekom is daar sommige wat die woord aanneem my blydskap en ander wat wegdraai en nie verstaan nie maar in duisternis bly? Dit blyk nie of hulle in staat is om te kies nie, en dat dit nie ʼn saak van keuse kan wees as jy nie verstaan wat jy hoor nie. Jy kan tog net ʼn keuse maak as jy verstaan wat jou produk is jy gaan nie “pick and choose” nie. As jy al die jare ʼn kind van die duisternis was en God laat jou begryp daar is iets beters dan kan jy ʼn ingeligte keuse maak; dan kan ek nie sien dat jy jou rug sal draai op God nie. Ons sien mos hulle bly dood in hulle sonde op sendings. Daar moet iets meer as dit wees. Hier blyk dit te wees dat ons die saak nooit kan uitpluis met ons sondige natuur as mens nie. Daarom moet ons bly wat die Skrif leer al blyk dit nie altyd saam te stem oor wat ons as nietige mens regverdig of onregverdig beskou nie.
Ons moet maar nie na mense kyk nie maar na wat die Skrif sê. Ons kan nie gereformeerdheid veroordeel as nie skriftuurlik oor wat mense sê, wat moontlik, soos dit vir my klink nog nie geregeneer, wedergebore is, of sal word nie.
Hulle was heel moontlik nie gered nie, as jy nie sekerheid van saligheid het nie dan is jy moontlik nie gered nie maar hier kan ons nie oordeel nie want net God weet wie gered word. Ek hoop jy het hulle reggehelp met wat die Skrif sê. Dit is nie hoeveel jy gaan mis nie, die ding is; sê nou maar alles is waarheid. Wat jy op die aarde gedoen het indien dit net goed was het jy niks verloor nie maar ʼn goeie skoon lewe gehad maar indien jy losbandig gelewe het en sonder Christus was, het jy in elk geval alles gehad om te verloor, so watter lewenswyse is tog maar die beste? Die Skrif leer ons tog duidelik om geloofsekerheid te hê, duidelik is die twee nie gegrond in die Skrif nie.
Die uitverkiesingsleer het soveel mense al hel toe laat gaan. As hulle nie van die “uitverkiesing” geweet het nie, kon hulle Jesus aangeneem het as hul Verlosser. Lees maar 2Tim 4:3. en Jes. 53.
Is God gelukkig nie groter as ons sondige mens nie, om jou tog te red al weet jy van die uitverkiesing. Hy red tog ateiste wat net weet van die duiwel. Die Heilige Gees sit nie uitverkiesing in aanhalingstekens nie maar maak dit deel van die verlossingsplan. Ons moet dit nie uit die Bybel skeur nie. Ons skeur dit uit deur dit ʼn versinsel te noem, die skrif te verdraai, diegene wat dit voorstaan te veroordeel. In diegene se besetenheid wat aan die mens se reg om te kies, vas te klou nieteenstaande duidelike bybelse riglyne, sit hulle sonder vaste spys maar drink nog melk.
Geen iemand is hel toe indien God dit nie toelaat nie. Wie sit op die troon, die mens of God? Is God hulpeloos en staan met sy hoed in sy hand, ʼn Gentlemen voor jou deur en wag angstig sodat jy dalk die regte besluit sal neem? Ek praat later oor Openbaring 3:20 wat vir die gemeente van Christene was en nie onbekeerdes nie. Het God sy bloed uitgestort vir diegene wat hel toe gaan? Nee! die Bybel sê vir sy skape, sy volk. Met respek gesê, die arme God wat hier beskryf word is hulpeloos, nie almagtig nie, nie soewerein nie, in die hande van die sondaar en anders as wat die Heilige Gees God openbaar in die Skrif.
Wat die dwaalleer ernstig maak is die oortreding van die Eerste Gebod. “Geen ander Gode voor my aangesig.” Dit meen dat ons moet nie enige iets wat toegeskryf word aan God aan enige ander maaksel toeskryf nie. Dinge wat aan God alleen behoort kan nie verplaas word of verdeel word aan enige ander nie sonder dat God beroof word. Ons moet erken dat van Hom alle dinge kom, ook verlossing. Verlossing is van die Here en indien die mens enige meriete bydra dan kom alle eer God nie toe nie, en word dit dan toegeskryf aan ander gode.
Dan haal jy die volgende versies aan: Ek is so bly oor dit want hier beskryf Jesaja die uitverkiesing en genade.
2Ti 4:2 Preach the word; be instant in season, out of season; reprove, rebuke, exhort with all longsuffering and doctrine.
2Ti 4:3 For the time will come when they will not endure sound doctrine; but after their own lusts shall they heap to themselves teachers, having itching ears;
2Ti 4:4 And they shall turn away their ears from the truth, and shall be turned unto fables.
Hier praat dit juis van Skriftuurlike beginsels vanaf die lering van die Apostels waarvoor die hervormers gestaan het wat volgens die Bybel en nie volgens die mens se denke was nie. Dit is weer in die Post Moderne tydperk wat hierdie dogma van die Roomse Kerk weer herrys het. Ja dogma is belangrik, soos ons kan sien, ons teologie is ons taal van ons geloof oor God en indien dit nie Skriftuurlik is nie (indien jy nog glo in Skrif Alleen) dan is ons praktyk ook nie Skriftuurlik nie. Die gereformeerdes wat jy noem ken nie hulle eie dogma nie, is of nie behoorlik geleer nie of nie uitverkies nie.
Hierdie versies kan beide kante toe wys. Ek gebruik ook die versies vir diegene wat die Bybel en Skrif verdraai, uit konteks, eisogese (soos die Spirit filed Bible doen) in plaas van eksegese om te sê wat die Skrif sê. Wat die waarheid in fabels vertolk. Soos oa. die Futuriste. Jy gebruik hierdie verse as skrif om te sê: die tyd het nou gekom (verwysende na die gereformeerdes) waar die mense nie meer skriftuurlike dogma verdra nie, maar agter leraars sal aanloop wat hulle begeertes vervul en nie na die waarheid wil luister nie maar agter mensgemaakte illusies aanloop. Nou hierdie versies is juis bedoel vir die Futuris en die Arminian wat presies doen wat die verse sê en Paulus se dogma verdraai. Die Apostels en Hervormers se evangelie was nog gebaseer op die oorlewering van die Apostels se lering. Hulle het net geweet dat ʼn dag sal kom wat die mense, leringe sal aanhang wat hulle sal bevredig en nie soseer God nie, en dit gebeur weer in ons typerk.
Wat van Jes. 53? Wil jy die Uitverkiesing hierdeur verkeerd bewys?
Isa 53:11 Weens die moeitevolle lyde van sy siel sal Hy dit sien en versadig word; deur sy kennis sal my Kneg, die Regverdige, baie regverdig maak; en Hy sal hulle skuld dra.
Die eerste verse se dit is God se arm wat verlossing gee. Jesus sal baie regverdig maak nie almal nie maar die oorblyfsel uit Israel en die nasies, en hulle skuld dra deur sy Bloed vir hulle uit te stort. Sy lewe afgelê vir sy skape sê die Skrif
Isa 53:12 Daarom sal Ek Hom ‘n deel gee onder die grotes, en met magtiges sal Hy buit verdeel; omdat Hy sy siel uitgestort het in die dood en saam met die oortreders getel was, terwyl Hy tog die sonde van baie gedra en vir die oortreders gebid het.
Soos Jesus sê ek bid vir hulle wat My gaan volg en nie vir die wêreld nie. Jesus het die sonde van baie gedra nie vir almal nie. As dit God se wil was dat almal tot bekering kom dan sou almal want God is almagtig.
Joh 17:9 Ek bid vir hulle; Ek bid nie vir die wêreld nie, maar vir die wat U My gegee het, omdat hulle aan U behoort.
Hier in Jesaja sê die Here self dit is sy arm wat die evangelie openbaar aan wie Hy wil en die laaste vers sê duidelik dat Hy die sonde vir baie gedra het, nie vir almal wat wil nie maar vir die uitverkorenes.
Ek gaan jou vers vir vers antwoord.
Rom. 9:13
Die “New Spirit Filled Life Bible” verklaar dit soos volg: “Loved....hated are not to be understood in their normal sense. They are best understood as “chose...rejected,” based on the fact God knew Jacob would better furthur His will.
“based on the fact God knew Jacob would better furthur His will.” Waar kry jy dit in die Skrif?!!! Die kommentator lees goed in die Skrif in. Nêrens in die heilige Skrif suggereer dit dat God het geweet dat Jacob, die bedrieër, beter as Esau sou wees. Inteendeel die Skrif sê dat voordat hulle enige goed of kwaad gedoen het voor geboorte. Nie op grond van wat God vooruit gesien het nie wat hulle gaan doen nie, of beter sou wees nie want dit is dan meriete of werke. God kies deur sy radikale genade die korrupte sondaar en maak hom nuut. Absoluut onskriftuurlike nonsens dat God se keuse of verwerping rus op die feit dat God geweet het dat Jakob Sy wil beter sou uitvoer!!
Rom 9:11 Want toe die kinders nog nie gebore was en nog geen goed of kwaad gedoen het nie dat die voorneme van God volgens die verkiesing kon bly staan, nie uit die werke nie, maar uit Hom wat roep
Konteks konteks konteks. Ek sal nou vir jou ander stawings gee.
Hoe word ons gered?
In die mens is daar nie ʼn greintjie van goedheid nie. Ons is dood in ons sonde van nature haat ons God. Ons is so dood soos Lazerus wat dan ook al gestink het. Ons lê op die bodem en God moet ons kom uithaal, ons kan nie reik na God nie en sal ook nooit nie tensy sy radikale genade (onverdiend deur enige werke van ons kant, selfs ons keuse) ons red. Indien God vir Jacob gekies het omdat hy beter sou vaar soos hierdie skrifverdraaiende komentator sê (indien dit van die kommentator kom of van wie ookal, hoop nie van jou nie) dan het Jakob meriete gehad en dit is dan werke. Nee, uit God gegewe geloof, dit is waar geloof vandaan kom, van God, vir die uitverkorenes, indien dit jou geloof was wat jy opgetower het of sterk gevoel gehad het dan was dit ook ʼn werk en sonder werke word jy gered. God skenk jou geloof sodat jy kan glo. Daarom glo jy en is dit ʼn daad van die mens. “Glo en jy sal gered word.” Maar waar kom die geloof vandaan sodat jy kan glo? Net die Here sal die eer kry vir elkeen wat gered word en vir elkeen wat verlore gaan. Soos Jesus vir die Farisiërs sê: Hy kan uit hierdie klippe kinders maak.
Openbaring 3;20 is geskryf vir ʼn Christen gemeente en is nie ʼn poskaart vir die onbekeerdes nie. Ons het almal met hierdie versie groot geword. Hoe kan ʼn mens versies vir ʼn Christen gemeente uit sy historiese konteks haal en dit van toepassing maak by ʼn dooie mens, net geraamtes sonder geestelike vlees wat nie eers die stem sal hoor of die deur kan oopmaak nie. Openbaring 22:17 sê kom, hoor, wat dors het, wat wil, dit is vir diegene wat geroep is, klaar geestelik opgewek is. Die onbekeerde kan dit nie doen in sy sonde nie, want hy sal nooit wil nie. God trek jou, God laat jou hoor en maak jou oë oop, hy gee jou dors vir Hom. Watter redder wil jy hê as jou huis brand, iemand wat buite staan en vra of hy kan inkom en vra vir jou om die deur oop te maak of iemand wat die deur afbreek en jou kom uithaal?
Wat werklik gebeur met ons bekering is dat ons vooruitbestem was, ons naam in die boek van die lewe opgeteken was voor die grondlegging van die wêreld. Nie dat God vooruitgesien wat jy gaan doen nie; dit is nie in die Skrif nie! In Jesus is die sluier weggeneem deur Sy genade vir sommige, diegene se oë oopgemaak, maw ons word eers lewend gemaak, sodat ons die woord kan hoor en ons verlore toestand kan begryp -dan word ons geloof geskenk om te glo. Berou is dan die gevolg van ons wedergeboorte wanneer ons in vrees kan sien in watter sonde ons bevind word voor die lewende God wat sondaars straf, en dan in dankbaarheid ons redder aanskou, Jesus, en dit is ook net uit genade. Ons het maar altyd net die volgorde verkeerd gehad want ons het nie besef hoe dit skriftuurlik gebeur nie.
Toe ek dit verstaan deur die genade was dit amper soos ʼn tweede wedergeboorte. Toe ek besef daar was geen meriete of geloof van my kant nie, ʼn sondaar op pad na die ewige verederf voor ʼn woedende God, maar wonderbaarlik uit genade gered deur sy Seun. Hoe onnaspeurlik Sy weë. Hoe ondeurgrondelik Sy Genade. Sola Gratia. Nie het ek gekies nie, maar God het my gekies. Jy word nie gered as iemand vir jou sê; God het jou lief nie en wil hê jy moet na hom toe kom nie. (jy kon nie God se liefde begryp nie) Daardie bekering is soos ʼn plant wat opkom en verwelk, dit dra nooit vrugte nie. Nee, jy word gered as jy besef jy is verdoem tot die ewige dood in ʼn Helse vuur vanweë jou Adam sonde en jy dan roep na ʼn Redder buite jouself wat jou kan verlos van God se wraak. God het jou dan so liefgehad dat Hy sy enige Seun gestuur het en gestraf te word vir jou. Dit is ware bekering.
Ons het altyd gedink; Hoor die woord, kies dan vir goed of kwaad sodat as jy hel toe gaan kan jy net jouself blameer. Die wat hemel toe gaan kan hulle self op die skouer klop dat hulle reg gekies het. MAW meriete tog gehad. Hierdie is maar ʼn wanpersepsie en nie gevind in die Skrif nie.
Elkeen wat die naam van die Here aanroep sal gered word, en glo, sal nie beskaam word nie. Maar nooit sal jy hom aanroep of glo indien dit nie God se Gees is wat in jou werk en jou lewe omkeer, lewend maak.
Isa 64:7 En daar was niemand wat u Naam aangeroep het, wat hom beywer het om U aan te kleef nie; want U het u aangesig vir ons verberg en laat ons wegsmelt deur ons ongeregtighede.
Psa 10:4 Die goddelose, met sy neus in die hoogte, sê: Hy ondersoek nie: daar is geen God nie—dit is al sy gedagtes!
Joh 15:16 Julle het My nie uitverkies nie, maar Ek het julle uitverkies en julle aangestel om vrug te gaan dra en dat julle vrug kan bly, sodat wat julle die Vader ook al in my Naam vra, Hy julle dit kan gee
Hier is ook die volharding dit is God wat ons laat vrug dra uit sy genade meer vir sommige as ander. Hier is dan ook weer geloof versekerheid
Joh 1:12 Maar almal wat Hom aangeneem het, aan hulle het Hy mag gegee om kinders van God te word, aan hulle wat in sy Naam glo;
Ons lees nie verder nie en gebruik nie konteks nie om ons ander evangelie te bevestig. Lees ons verder:
Joh 1:13 wat nie uit die bloed of uit die wil van die vlees of uit die wil van ‘n man nie, maar uit God gebore is.
Aangeneem en glo deur God se roeping nie uit ons wil of keuse nie maar uit God sodat niemand kan roem nie.
Kom ons kyk na nog Skrif:
joh 6:44 Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie trek nie; en Ek sal hom opwek in die laaste dag.
Joh 6:65 En Hy sê: Om hierdie rede het Ek vir julle gesê dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie.
Wie red jou God of God met jou medewerking?
Rom 9:16 So hang dit dan nie af van die een wat wil of van die een wat loop nie, maar van God wat barmhartig is.
Eph 1:4 soos Hy ons in Hom uitverkies het voor die grondlegging van die wêreld om heilig en sonder gebrek voor Hom in liefde te wees,
Eph 1:5 deurdat Hy ons voorbeskik het om ons as sy kinders vir Homself aan te neem deur Jesus Christus, na die welbehae van sy wil,
Eph 1:6 tot lof van die heerlikheid van sy genade waarmee Hy ons begenadig het in die Geliefde.
1Pe 2:8 vir dié wat hulle daarteen stamp, omdat hulle aan die woord ongehoorsaam is, waarvoor hulle ook bestem is.
1Pe 2:9 Maar julle is ‘n uitverkore geslag, ‘n koninklike priesterdom, ‘n heilige volk, ‘n volk as eiendom verkry, om te verkondig die deugde van Hom wat julle uit die duisternis geroep het tot sy wonderbare lig,
2Th 2:13 Maar ons moet God altyd oor julle dank, broeders wat deur die Here bemin word, dat God julle van die begin af verkies het tot saligheid in heiligmaking van die Gees en geloof in die waarheid,
Psa 65:3 (65:4) Ongeregtige dinge het die oorhand oor my gehad, maar U versoen ons oortredinge.
Psa 65:4 (65:5) Welgeluksalig is hy wat U uitkies en laat nader kom, dat hy kan woon in u voorhowe. Ons wil versadig word met die goeie van u huis, die heiligheid van u paleis.
Act 13:48 En toe die heidene dit hoor, was hulle bly; en hulle het die woord van die Here geprys; en daar het gelowig geword almal wat verordineer was tot die ewige lewe
Rom 9:21 Of het die pottebakker nie mag oor die klei, om uit dieselfde klomp die een voorwerp tot eer en die ander tot oneer te maak nie?
Rom 9:23 juis om bekend te maak die rykdom van sy heerlikheid oor die voorwerpe van barmhartigheid wat Hy voorberei het tot heerlikheid,
Lees nou weer Romeine 9.
Eph 2:1 En julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes
Eph 2:2 waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk.
Ons was demoon besete
Eph 2:3 onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.
Eph 2:4 Maar God, wat ryk is in barmhartigheid, het ons deur sy grote liefde waarmee Hy ons liefgehad het,
Eph 2:5 ook toe ons dood was deur die misdade, lewend gemaak saam met Christus—uit genade is julle gered—
Eph 2:6 en saam opgewek en saam laat sit in die hemele in Christus Jesus,
Eph 2:7 sodat Hy in die eeue wat kom, kan betoon die uitnemende rykdom van sy genade in goedertierenheid oor ons in Christus Jesus.
Eph 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;
Eph 2:9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.
Isa 6:9 En Hy het gespreek: Gaan sê aan hierdie volk: Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.
Isa 6:10 Maak die hart van hierdie volk vet en maak hulle ore swaar en bestryk hulle oë, sodat hulle nie sien met hul oë en met hul ore nie hoor en hul hart nie verstaan nie, en hulle hul nie bekeer en gesond word nie.
Eze 12:2 Mensekind, jy woon onder mense van die wederstrewige huis, wat oë het om te sien, maar nie sien nie; ore het om te hoor, maar nie hoor nie, want hulle is ‘n wederstrewige huis.
Wie is in beheer?
Act 16:14 En ‘n vrou met die naam van Lídia, ‘n purperverkoopster van die stad Thiatíre, ‘n godsdienstige vrou, het geluister; die Here het haar hart geopen om ag te gee op wat deur Paulus gesê is
God kies nie op grond van werke nie dit is tog duidelik in die hele skrif, Indien God vir Jakop op grond van sy meriete gekies het dan het hy werke gehad en dit is geloof wat jou red. Hier kry die mens eer maar slegs aan God al die Eer. Sola Gratia. Ai hoe kan ek dit duideliker stel. Dit is eisogese hulle laat nie die Bybel self praat nie maar dring van buite iets in wat die bybel sê. Eksegese is vanaf die Bybel.
Die “Spirit Filled” kommentaar is maar ʼn kommentaar wat meestal onskriftuurlik is en die wat bylas wat menslike interpretasie bevat is verweplik. Net soos die “Message” wat nie ʼn Bybel is nie maar ʼn kommentaar wat McCaley gebruik, ʼn aborsie wat bylas en tot oordeel staan. Die bybel sê duidelik nog voordat hulle goed of kwaad gedoen het. God kan uit die klippe kinders maak.
God het nie vir Jacob gekies omrede God vooruitgesien het dat hy beter sal doen as Esau nie. Luister tog hoe kan die pot sê: hoekom het U my gemaak vir die verderf?
‘n Ander verklaring wat hierby aansluit, verwysend na Mal 1:1-3. Hate as used here is an idiom of preference, as in Luk. 14:25-27, not a term expressing personal malice or jealousy in the sense that we now use it. This is the 6th of 12 cases in Scripture where God made the choice of the younger over the older brother. Here it was because of the disposition and attitude toward Him.
Nonsens!!
Esau was a fornicator and destitute of hunger for God in his life (Heb. 12:16-17), while Jacob was the type that loved the Lord and hungered to do His will.
Hier is dit nie die eerste Adam nie maar die Tweede, Nie die eerste Israel nie maar die Tweede. God maak juis hier die onderskeid dat nie die wat die eerste geborene is is noodwending die een wat die seëning ontvang nie. Maar ons moet bly wat die Bybel sê voordat hulle nog goed of kwaad kon doen.
Die ding is ons is almal geredde sondaars nie omdat ons iets goeds in ons het nie,
Jesus het gekom vir sondaars nie vir die regverdiges nie.
Nêrens in die Skrif praat dit van die keuse dat die jonger meer tot God geinklineer was. Behalwe as God diegene meer geinklineerd gemaak het tot sy eer en nie omdat iemand goed was nie.
Hier lees die kommentator weer van buite in die skrif in
Ons weet almal wat haat in God se oë is. Niemand hoef dit te verduidelik nie. Inteendeel, Jakob was die mees uitstaande voorbeeld van onvoorwaarlike uitverkiesing wat ʼn mens in die Skrif kan kry. Hy was gekies voor geboorte. Hy was een van ʼn tweeling, so menslik gesproke op ʼn gelyke vlak. Hy was die jongste van die twee en, in sy persoonlike karakter was hy ʼn onetiese bedrieer-selfs van sy geboorte...God het vir Jakob die belofte geskenk van die testament by dieselfde moment wat hy van die huis gevlug het oor sy misdaad. Dus was hy inteendeel meer van ʼn sondaar as Esau, hy was ʼn bedrieër, ʼn skelm, het gesteel, was ʼn sondaar, dood in sy sonde, nie geneig tot God nie, maar God het hom soewerein uitverkies nie omdat hy goed was nie maar sodat die dooie sondaar God kan verheerlik dat Hy uit die dooie benedere ʼn sondaar kan opwek wat sy histories/reddings plan kan volbring. Hier kon God vir Esau ook gekies het indien hy wou. Kyk maar na Jesus se voorouers, hulle was sondaars tot die 2de mag. God kies nie diegene wat minder sonde doen vir sy kind, of diegene wat meer sonde doen of gaan doen nie vir verwerping nie. Die oortreding van die gebooie is sonde doen maar Jesus neem die Adam Sonde, waarmee ons gebore en verdoem is weg waaraan ons almal ewe skuldig staan, en neem nie die Esau of Jakob se goeie dinge of slegte dinge wat hulle doen of gaan doen nie in ag nie. Jesus het gesterf vir die sondaar en nie vir die uitvloeisel, die braaksel van daardie sondige natuur nie. Daardie produk van die sondaar is omrede jy ʼn sondaar is. God spreek die kern aan, die oorsaak moet jy aanspreek van die sondesiekte en nie die simtome nie. Met hierdie beginsel moet die berader dan ook optree, nie sogenaamde innerlike genesing en duiwels uitdryf nie.
Dit is nie God wat in die hande van sondaars is nie, maar sondaars in die hande van ʼn lewende woedende God”
DIT IS NIE BABA JESUS WAT IN JOU ARMS GEPLAAS WORD NIE OM TE BESLUIT WAT OM MET HOM TE DOEN NIE, HOM WEG TE WERP UIT WEERSIN OF HOM AAN JOU BORS AAN TE NEEM. DIT IS OOK NIE ONS BLOEIENDE REDDER SE LYK WAT IN JOU ARMS GEPLAAS WORD EN DIE BLOED BY JOU AFDRUP NIE EN JY KAN BESLUIT OF JY HOM WIL AANNEEM OF VERWERP NIE, NEE SONDAAR, DIT IS GOD WAT JOU STINKENDE LYK VASHOU EN BESLUIT OF HY JOU IN DIE HEL WIL WERP OF IN DIE BOESEM VAN SY SEUN WIL PLAAS EN ʼn LEWENDE SIEL VAN MAAK BESTEM VIR DIE PARADYS. DIT IS ONVERDIENDE RADIKALE GENADE VAN GOD.
Die God van die Arminiane is nie almagtig nie, nie op die troon nie maar wag vir jou besluit wat gaan jy maak met sy Seun en dit is nie die God van die Bybel nie. Hier is geen begrip van die radikale genade van God nie maar net weer ʼn evangelie van werke. Dit is dan so dat ons almal wil in beheer wees en om hulpeloos te wees in God se hand stry ons as verloste sondaars onverbiddelik.
Die woord haat hier beteken tog nie die haat soos ons dit ken nie, Die Woord sê jy mag nie haat nie, nie eers jou vyand nie, daarom kan dit tog nie wees dat Hy Jakob bo Esau liefgehad het nie, m.a.w dat Hy Jakob uitverkies en Esau gekies om verdoem te word nie.
Die Here sal tog nie vir ons sê dat ons mag nie haat nie, maar dat Hy mag haat nie. Al wat God haat is die sonde.
God se haat is om genade te weerhou. Ons praat nie oor wat haat is nie maar wat genade is.
Rom. 9:14
These questions are answered with another “God forbid”. There is no unrighteousness with God if He sees the dispositions of two boys and chooses on the basis of what He can forsee in each one. So with God’s presenent dealings with Israel and the Gentiles. If He sees that Jews will be continually rebelling against Him and the Gentiles will not, can He not act accordingly without unrighteousness? God is not responsible for the acts of Esau or Jacob: Jews or Gentiles, He had to make the choice of Jacob over Esau due to the dispositions and lives of the boys.
Wat dan hierbo gesê word is dat indien God iemand hel toe laat gaan wat dit verdien dan is God regverdig. Die Bybel se egter dat God se genade is onverdiend. Dit is tog so dat almal verdien die ewige dood sonder God. Hier is dit weereens duidelik dat die mens wil God se aksie met sy sondige natuur verstaan. Hy wil graag hê God moet regverdig wees soos die mens dit verstaan. Weereens die Bybel leer nie dat die Here iemand kies op grond van sy meriete nie.
So now, He has to set aside Israel, due to her ever increasing rebellion of over 1,800 years. The only thing left for Him to do is to use the Gentiles if they will carry out His program. (Mat. 21:33-45
Wie is jy o mens om te sê dat God onregverdig is met wie Hy maak wat hy wil!!! Dat God mense red uit almal wat die Hel verdien is weereens sy reg. Dit is God se regverdigheid om sonde te straf en dat almal Hel toe gaan maar dat hy sommige red is ook sy reg en regverdigheid. Rom 9: 22 dv. sê dat God verheerlik word in die wat hy red en ook diegene wat Hel toe gaan. Hy verdra die voorwerpe van toorn wat vir die Hel toeberei is, juis om sy genade te betoon vir die uitverkorenes. Hoe dankbaar moet ons nie wees vir so ʼn onverdiende genade nie. Hoe ondeurgrondelik is Sy weë nie.
Rom 10:20 En Jesaja durf selfs sê: Ek het My laat vind deur die wat My nie gesoek het nie; Ek het verskyn aan die wat na My nie gevra het nie.
The only thing left to do is use the Gentiles if they will carry out His program.
Dit klink soos dobbel, eers kans gevat met Israel en nou met die buitestaander heidense perd 20/1 en hoop hulle voer die taak uit. Met respek gesê: Die arme God, die Jode het hom verwerp nou moet hy maar na die Heidene gaan om sy doel te bereik. Dit is dobbel, dit is kanse vat, met barbare en Grieke. Die Jode het die Messias verwerp en is skuldig daaraan dat Jesus gekruisig is, “Sy bloed op ons” en sodoende is hulle gestraf maar deur genade is daar altyd ʼn oorblyfsel wat tot bekering sal kom net soos onder die heidene. ʼn Oorblyfsel soos die 7000 en huidig ook, totdat die hele getal heidene en ook die hele getal Jode tot bekering sal kom. “Net so” sal Israel tot bekering kom. Soos die Heidene so die Jode. So sal die hele oorblyfsel van Israel gered word. Nie die hele Israel van die vlees nie maar die besnedenes van hart die uitverkorenes onder etniese Jode. Dit is die Here se wil dat almal gered word; al diegene wat bestem was tot die ewige lewe. Indien dit ALMAL was sou almal gered wees maar dit is nie so nie. So ons moet “almal” herdefinieer.
Rom 9:15
Here Paul shows that God is sovereign over His mercy. He has laid down His terms of mercy and compassion and wil not dispense with either until men meet His terms.
Is ons nog onder die Sinai verbond met kondisies (10 Gebooie) of onder die genade verbond? God se verbond met Noag was eensydig van God af met Noag, hy het ʼn oorblyfsel nagelaat en het ʼn reënboog gegee sodat God kan herinner word aan Sy verbond. God se genade verbond in Jesus is God wat uitreik na sy Volk, sy Olyfboom sy Wingerdstok almal die uitverkorenes van die Ou Testament tot die Nuwe Testament sommige uit die Jode en sommige uit al die nasies, Een KUDDE waarvoor Jesus sy lewe gegee het.
He will not save one soul without repentance and continued conformity to His will, nor will He damn one soul that will meet His terms.
So daar is kondisies dan vir verlossing en die voortgesette uitvoering van sy wil, dit is alles werke en nie genade nie. Hier sê die kommentator dat jy sal nie gered word sonder berou nie asook nog ʼn voortgesette uitvoering van God se wil wat die gebooie insluit. Ek dog Christus red ons, hy is ons Verlosser, hy het vir ons Heilig gewees en die Gebooie gehou. Ons is mos nie in staat om nie te sondig nie ons mag wel sondes vermy, oorwin weer val en oorwin. Maar tot die dag wat ons sterwe sal ons net verloste sondaars wees, en enige oorwinning vir sommige sal ook tot God se Eer wees. Alles net van God en genade.
So wat dit sê is; dat mens moet kondisioneel terme wat God daargestel het nakom en berou hê om gered te word. Wel God het vir Adam kondisies daargestel in sy Status Intergrionis met die moontlikheid om te sondig. Dit was die sogenaamde Skeppingsverbond. God se plan met die mens het geweet dat Adam sal sondig, ons verteenwoordiger, maar het dan ook ʼn uitkoms gemaak in Jesus Christus in sy proto evangel in Gen 3:15. Nou is ons dood in ons sonde, nie in Staat om nie te sondig nie, Non Posse non Peccarre. Indien jy dood is dan het jy geen keuse nie. Soos Lazarus, jy dryf leweloos, jou beendere is dood soos Esegiël wat vir die dooie beendere gepreek het waar God sy Gees in sy Volk sit, Esegiel 37. Jy kan nie kies as jy dood is nie, jy kan geen meriete hê vir lewendmakend nie, jy kan nie jou hand uitsteek om die lewensgordel te neem nie. Jy is dood in jou sonde. Indien Jesus nie die inisiatief neem om saggies in jou te werk nie, om jou lewend te maak nie, om jou gewillig te maak om jou na God te keer nie sal jy nooit die lig sien nie. God in sy almag, sonder dat jy enige meriete toon nou of in die toekoms maak jou lewendig toe jy onwillig was sodat jy gewillig is om jou na God te keer en Hom aan te neem. God skenk nou geloof wat jy nie het nie of ooit sal hê nie, daarom glo jy met jou God gegewe geloof en is die daad van geloof daarom joune. Mens, jy kan nie die eer vat nie alles kom van God en God sê; aan my kom die eer toe, God alleen sal die eer kry.
Mens, besef ons is hulpeloos om verlossing te kry, hulpeloos as mens, sonder hoop ons kan nie eers ons hand uitsteek en smeek om verlossing nie in ons sondige toestand. Dit is vreesaanjaend om te dink ons is in die hande van die lewende God op pad na ewige verdoemenis. Selfs ons werke, on talente na ons verlossing is God gegewe sodat niemand kan roem nie.
Die deur oopmaak in Openbaring 3:20 is tog vir gelowiges in die Kerk.
Ons kan nie op hierdie stadium van ons lewe nog melk drink nie ons moet die Woord aanvaar.
“Want ons wysheid moet niks anders wees nie as om met ootmoedige leersaamheid alles wat in die Skrif oor gelewer is, sonder uitsondering te aanvaar.” Calvyn.
Rom 9:16-17
Here we have an instance of a wicked king resisting God’s will to the point of destruction. At many points in God’s dealings with Pharaoh the king could have submitted and escaped judgment. But he was too stubborn to do so and therefore God could not do otherwise than punish him for his sins and resistancew
Met God se historiese verlossings plan in werking wat Pharaoh se verharding insluit kan jy nie vir God raad gee nie hy doen wat hy wil en is almagtig. Die persoon wat die kommentaar gemaak het is ʼn Arminianis wat nie God op die troon wil hê nie maar homself. Die valse teologie is tog in 1618-20 vir ewig die nek ingeslaan, inteendeel dit is baie erger as Arminianime maar Semi-Palagianisme wat hier verkondig word en skreeu ten hemele. Cassian het dit ontwikkel 500 jaar nC. Dit het geleer dat die mens is in staat om die eerste stappe na verlossing te neem insy eie krag. God se genade is beskikbaar vir alle mense, maar die finale besluit in elke individu is afhanklik van die beoefening van sy eie vrye wil. Maar in 529, by die Sinode van Orange is Semi Palagianisme verdoem as dwaalleer. Daar is niks nuut onder die son nie soos die Jesus Seminaar nie nuut is nie maar ʼn ou vierkantige houtwiel weer ontdek so is die Semi Palagianisme van Johan Malan en Boeta wat hom 100% ondersteun.
Rom 9:18
God hardens on the same grounds of showing mercy. If men will accept mercy He will give it to them. If they will not, thus hardening themselves,
Wie verhard jou? Wat sê die Skrif? Jy aanvaar nie genade jy kry genade, jou wil is gebonde, jy is verhard deur net ʼn sondaar te wees, dood in jou sonde. God reik sy hand uit na jou, nie jy na Hom nie.
He is only just and righteous in judging them.
God is regverdig deur almal in sonde die hele mensdom Hel toe te stuur almal is dood dat God sommige lewend maak is Sy prerogatief tot Sy eer. God se weë is ondeurgrondelik en om die uitverkiesing uit te pluis met ons verdorwe en sondig nietige mens is ons nie beskore nie. God het slegs ʼn gedeelte van Hom openbaar in die Skrif. Ons moet die misterie los vir eendag en aanvaar wat die Skrif sê met nederigheid. Ons kan nie die Skrif verdraai om God in ʼn beter lig te probeer stel nie of om ons lustigheid na werke te bevredig nie en om soos Eva te rebeleer nie. Eva het ook gesê, dit is onregverdig van God. God se hy is liefde en regverdig en eendag sal ons verstaan maar nou net deur ʼn waas.
Men are privileged to humble themselves and seek mercy or exalt themselves and refuse mercy.
Die mens het geen vooreg nie, hy het nie ʼn vrye wil nie maar net om God te haat sy wil is gebonde tot net kwaad van nature en kan nie homself tot God inklineer nie behalwe as God hom uit sy sonde dood die inisiatief neem om genadig te wees.
Mercy is the effect of a right attitude, and hardening is the effect of stubborness or the wrong attitude towards God. It is like the clay and the wax in the sun. The same sunshine hardens one and softens the other. The responsibility is with the materials., not with the sun. Men are more resposible than these materials, for they have wills to make proper choices. The only sense in which God hardened Pharaoh was in giving him the occasion to harden his own heart or obey. Such is the choice all men have to make daily.
Ja jy kies wat se kleur kouse om aan te trek. Hier kies jy uit voorkeur. Jy kies uit voorkeur met wie jy wil trou. Maar kom dit by die korrupte dood in sy sonde, sondaar dan is jou voorkeur net vir sonde en kies jy jou voorkeurige sonde. Daarom moet God jou eers van binne geestlik besny sodat jou voorkeur vir God sal wees en dan nie te kies nie want kies het meer as een opsie maar dan te glo met God gegewe geloof en Hom aaneem wat hy vir ons gedoen het. God verkies uit die hel gebonde sondaars. Die wat nie verlos word, nie glo nie, want hulle het nie geloof nie want is op “death row” wagtend vir die Groot Wit Troon oordeel daarom ook is hulle daad van ongeloof hulle s’n, hulle skuld.
Wat ʼn verdraaing van die Skrif in bogenoemde omlyning. Wat ʼn swak interpretasie van die Skrif! Jy het ʼn vrye wil, dit is reg, maar as gebore sondaar, as die biologiese erwing van Adam se sonde en hy as verteenwoordiger van die mens is jy van die Status Intergritatus na die Status Corruptionis geplaas, Nie in staat om nie te sondig nie, Non Posse Non Peccarre. Jou vrye wil nou is net geneig tot sonde nie in staat om heilig te lewe nie, nie in staat om te kies, te glo, of aan te neem nie, nie geneig tot God nie maar net tot sonde.. Die korrupte wese kan goed doen kan humanisties optree weens die algemene genade van God maar ontvang nie spesiale genade nie. Indien God nie ingryp nie, nie jou oë oopmaak nie, nie die sluier wegneem nie sal jy net in staat wees om as geestelik dooie mens ʼn keuse te maak nie vir God nie. Jy maak ʼn keuse daarom is dit jou daad, jy het geloof daarom glo jy maar geloof is van God en jy glo en word gered deur jou geloof en is ʼn daad van jou maar wie het die geloof geskenk? Baie sê nou is ons dan Robotte? Nee jy het ʼn vrye wil maar in die stadium na Adam net die keuse om volgens jou nuwe verlore sondige natuur te lewe, net jou wil is gebonde en jy kan keuses maak maar net vir kwaad en algemene humanisme. Jy ken nie ander keuses nie. Jou vader is dan die duiwel. Jou begeertes om jou aardse drange te bevredig. Adam en Eva het ʼn vrye wil gehad maar na hulle God se verbond oortree het hulle korrup geword, dood in hulle sonde, en nie geneig tot God nie.
Wie gee jy die eer vir jou redding, jou werke, dat jy vooruit gesien was dat jy sal kies vir God? Dan kan jy vir die ander een sê dat ek het tog vir God gekies en jy het nie, so ek is beter as jy en verdien om in die hemel te wees. Ek het meriete ek kan slaan op my bors, ek is beter as jy. Jy het werke my vriend..
Rom 9:19
Here the Jews argue again, as they did in 3:7. Paul answers by questions (v 20-24): Who are you to reply against God? Who are you to blame God for your sinfulness?
Paulus praat nie hier van God blameer vir Hulle sondigheid nie (Rom. 9:19 kry nuwe woorde en betekenis by van julle kommentaar, verdraai) maar maak dit duidelik dat God die een maak vir oneer (nie uitverkies nie) een die ander vir eer (uitverkies) en wie is jy o mens om jou Maker te kritiseer.
Can God not deal with you as is necessary? If God still wants to save men who will obey Him, Jews or Gentiles, is that not His right? man thiIf He has to damn those who harden themselves, may He not do so without our criticism?
Nee! Nee!! Die Bybel leer; is dit nie God se reg om almal wat gesondig het Hel toe te stuur nie, en sy reg om sommige te red wat dit nie verdien nie uit genade. Alles slegs genade, net genade. God red nie vir jou omrede jy Hom gehoorsaam nie. Inteendeel niemand doen goed nie selfs nie een nie. Hoeveel gebooie moet jy hou sodat jy waardig bevind word in God se oë om jou te red.
Daar is niks wat jy kan doen wat God “trigger” nie.
Boeta, ons het ʼn goeie verhouding opgebou. Lees dit maar weer aandagtig en jy sal sien as jy nou die Bybel lees gaan uitverkiesing oral uitstaan en die versies wat gebruik word teen God se radikale genade, ʼn monergistiese daad, slegs van God sonder jou medewerke, ʼn sinergistiese daad, sal jy twee maal oor dink of daar nie dalk ʼn ander interpretasie kan wees nie. Jy sal nooit weer dieselfde wees nie.
Lees dit weer as jy gemoedsrus het want die waarheid kan ʼn mens omkrap.
Baie groete en onthou om vir my weer die volledige epos te stuur.
Nico
Alles alles net genade
No comments:
Post a Comment